Los Angeles-rivier

Los Angeles-rivier
Die rivierloop naby die middestad van Los Angeles
Die rivierloop naby die middestad van Los Angeles
Die rivierloop naby die middestad van Los Angeles
Oorsprong Samevloeiing van Bell Creek en Arroyo Calabayas
Monding Stille Oseaan naby Los Angeles-hawe, Long Beach
Stroomgebied Suid-Kalifornië, Verenigde State
Lengte 77 km (47,9 myl)
Oorspronghoogte 242 m (794 voet)
Mondinghoogte 0
Gemiddelde afloop 6,4 m³/s (226 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 2 142 km²; (827 myl²)
Kaart van die Los Angeles-rivierbekken in Suid-Kalifornië
Kaart van die Los Angeles-rivierbekken in Suid-Kalifornië

Die Los Angeles-rivier (Engels: Los Angeles River, dikwels afgekort tot L.A. River) ontspring in twee Suid-Kaliforniese bergreekse, die Simi Hills en Santa Susana Mountains, en vloei vanaf Canoga Park aan die westelike kant van die San Fernando-vallei oor 'n afstand van 48 myl (77 km) in suidoostelike rigting tot by sy monding in die Stille Oseaan in Long Beach.

'n Aantal takriviere sluit by die Los Angeles aan en vorm alluviale oorstromingsvlaktes langs sy oewers. Ná 'n reeks verwoestende oorstromings in die vroeë 20ste eeu is die natuurlike rivierloop verander tot 'n waterkanaal van beton. Kenmerkend genoeg het die rivier 'n simbool vir die kunsmatigheid van groot dele van Los Angeles se stadlandskap geword waar selfs die palms ingevoer is. Vir rolprentmakers was die betonoewers 'n geskikte terrein vir aksiebelaaide motorwedrenne.[1] Omgewingsgroepe beywer hulle vir die verwydering van die betonkanaal en die herstelling van die oorspronklike flora en fauna. Dele van die rivier is reeds herstel met 'n natuurlike rivierbed en oorspronklike habitatte.

  1. Blake Gumprecht: The Los Angeles River: Its Life, Death, and Possible Rebirth. Sagteband-uitgawe. Baltimore, MD: The Johns Hopkins University Press 2001, bl. 1

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy